GESKIEDENIS VAN SKADEBEHEER
Die vroegste geskewe rekord van skadebeheer vind ons in die Bybel waar ons lees hoe Dawid sy pa se vee teen bere en leeus beskerm het. Dit dateer sowat 4 000 jaar terug. Alle lande wat vee produseer het dieselfde konflik, alhoewel die skade veroorsakende diersoorte van diere mag verskil. Daar is egter genoeg ooreenstemming om dit die moeite werd te maak om die skadebeheermetodes van ander lande te bestudeer en al die bruikbare inligting te gebruik om ons te help om skadebeer te verbeter. Daar bestaan reeds 'n magdom van inligting wat deur 'n paar eeue van navorsing versamel is en wat vir ons 'n ferm basis dien vanwaar verder gebou moet word, sonder om die wile weer te ontwerp.
In die Suid Afrikaanse konteks strek die geskrewe geskiedenis terug tot by Jan van Riebeeck wat reeds in 1656 beloning uitbetaal het vir doodmaak van diere skade veroorsaak het. Dit is volgehou in die Kaapprovinsie tot 1957 - 'n volle 300 jaar. Omdat geld deur die Staat betaal is, is daar goeie rekord van hierdie aktiwiteit wat vir waardevolle riglyne is in ons huidige poging om skade te stop.
Sedert die draai van die vorige eeu (1900), tot die einde van die beloningsisteem, is gemiddeld sowat 20 000 jakkalse in die Kaapprovinsie gedood. Dit het nie die skade gestop of die jakkalsbevolking noemenswaardig beïvloed nie. Die Amerikaners het soortgelyke ondervinding met hulle coycote. Tussen 1937 en 1970 is 'n geskatte 12 000 000 (ja! 12 miljoen) coyote in net die 15 westelike state doodgemaak. Gedurende dié tyd het die coyote nog sy verspreidingsgebied uitgebrei. In Australië word tonne aas met 1080 jaarliks uit vliegtuie gesaai tot vandag toe nog. Dit is weer 'n poging om skade aan skape deur dingo en ingevoerde rooi vosse te verlig. Dit bied duidelik ook nie 'n langtermyn oplossing nie.
Deur navorsing, hofsaaklik op die coyote in Amerika, is die meganisme waardeur die wilde hondsoorte so knaend kan vasbyt ontrafel. Ons verstaan nou die redse vir die mislukking van die groot pofings. (Dit word verder bespreek onder die belangrike konsepte hoof). Ons moet dus aan beweeg en met beter plossings vorendag kom - soos in ander lande gedoen word.