DIE WEBMEESTER
My loopbaan in natuurbewaring het vroeg in 1977 begin as 'n navorsingsassistent op 'n projek oor die ekologie van die rooijakkals (Canis mesomelas). Die navorsing is onder die sambrel van die voormalige Transvaalse Provinsiale Adiminstrasie se Direktoraat van Natuurbewaring. Die gogga het gebyt en ek was sedertdien nog deurentyd betrokke in die probleemdierveld. Beide in die Staatsdiens en in die privaatsektor.
Die Transvaal Bewaring het uit twee sub-direkrtorate bestaan: Bestuursdienste, wat beskremde gebied bestuur en wetstoepassing hanteer het. Spesialiteitsdienste wat navorsing en ander spesialiteits apekte soos 'n probleemdiereenheid, wildvang, plante, geïntegreerde omgewingsbestuur en voorligting ingesluit het. Terwyl die bestuursdienste die basiese werk gedoen het om ons natuuromgewing te bewaar het die spesialiste die navorsing gedoen om beter te kan verstaan hoe bewaring gedoen moet word, en om dié inligting aan die mense van ons land oor te dra.
Die politieke veranderinge wat in 1994 groot verandeinge gebring het, waarvan sommige broodnodig was, was ongelukkig baie negatief vir natuurbewaring. Op die makro skaal en in die publieke oog lyk skae soos oorgrens parke miskien rooskleurig, maar op grondvlak bestaan bewaring bykans glad nie meer nie. Begroting het opgedroog of is na andr sake gekanaliseer. Die spesialiteitdienste het bykans totaal verdwyn. Poste wat nie direk afgeskaf is nie, is so gebrekkig befonds en die infrastruktuur so elendig dat personeel uit frustrasie bedank het. Spesialis kennis het verdwyn en selfs sake soos permitte ly onder ernstige personeel tekorte en gebrekkige kennis.
Dit is die rede waarom sommige spesialiste nou weer na vore kom om die rol van die bestuur van ons natuurerfenis vanuit die privaatsektor te vervul. Vele belangrike bewarings sake sal andesins net verwaarloos of ignoreer word. Hierdie webblad is aan een van dié spesialis velde gewei.
Ek het 'n kursus in probleemdierbestuur geskryf en dit aan vele kollegas in natuurbewaring, boere en ander belangegroepe aangebied. Jaarliks word die kursus ook aan dredejaar landboustudente van die Potchefstroom landboukollege aangebied (vir meer as 'n ekade reeds) en is ook by die opvoedings owerhede geakrediteer. Nuwe en interessante ontwikkelings van oorsee word deurntyd evalueer en kan baie male aangepas word vir ons situasie. Dit is een van die belangrikste take van 'n probleemdierspesialis.
Hierdie webblad is geskep om mense bewus te maak van bewaringsaangeleenthede en ook om as bron te dien aan boere en ander persone wat by probleemdier aangelede betrokke is.
Kontak my te eniger tyd met aanbeveling oor die webblad, of vir inligting oor probleemdierskadebeheer:
Thys de Wet
Cell: 0761290889