ANIMAL DAMAGE CONTROL INSTITUTE (ADCI)

(Die naam is Engels aangesien ek vir 'n aantal jare probeer het om ondersteuning van die kleinvee bedryf in Suid Afrika te kry om die organisasie te stig. Ek het nie die ondersteuning gekry wat nodig is nie, en is nou op soek na oorsese borgskappe - daarom 'n engelse naam)

Die ADCI is 'n organisasie wat Navorsing, Ontwikkeling, Opleiding en Fasilitering in die mens/dier konflik bevorder sodat Beste Bestuurpraktyke vir die oplos van die konflik gevind kan word, en daardeur onnodige doodmaak en onetiese praktyk in Diere Skade Beheer (DSB) teenwerk.

Daar word 'n multidissiplinêre aanslag gevolg en skakeling en koördinering om die kragte en kundigheid van, onder andere, die Staat (Natuurbewaring en Landbou owerhede), Produksie organisasies soos die Nasionale Wolkwekers en Rooivleisprodusente organisasie, Landbou belangegroepe, Akadmiese instansies, privaat Skadebekeer operateurs en ander privaat Ondernemings (soos voorsieners van beheer toerusting), om skade effektief te verminder deur ekologiese en etiese aanvaarbare metodes. Kontak met ooses eweknië sal ook behou word.

Die beheer van invertebraat "peste" is 'n groot industrie wat in beide die publieke en privaat sektore verteenwoordig is. Vertebraat diere skade verskil egter wesentlik van die eersgenoemde groep. Hierdie gespeialiseerde veld is verwaarloos in Suid Afrika en dit is noodsaaklik dat dit gestruktureer en opgradeer moet word na 'n professionele werksveld.

FUNKSIES

VERANTWOORDELIKEHEDE

GRONDEIENAAR: In Suid Afrika met sy ryk dierelewe is konflik tussen diere en allerhande boerdery bedrywighede 'n inherente risiko. Die eliminasie van verliese van vertebraat is deel van die produksieproses en daarom rus die primêre verantwoordelikheid daarvoor op die skouers van die produsent.

STAAT: Belastinggeld mag slegs aangewend word tot voordeel van die gemeenskap as geheel. Voedselproduksie is van nasionale belang, maar dit kan nie van die staat verwag word om indiwiduele boere te help nie. Die ondersteuning moet aan die voesel of tekstiel industrie gegee word en moet navorsing en die daarstel van Diere Skade Beheer organisasies en en aan opleiding spandeer word. Regulering van skadebeheer in al sy fasette is nog 'n hoof funksie. Daar is egter niks van hierdie ondersteuning op die huidige tydstip nie.

PRIVAAT SEKTOR: Die Staat vervul tans nie sy tradisionele rol soos hierbo beskrywe nie. Onberekenbare skade mag aan ons omgewing aangerig word as gevolg hiervan. Die betrokkenheid van die privaat sektor is daarom van die allergrootste belang.

GEDRAGSKODE

Probleemdierbeheer word greeeld ernstig gekritiseer deur die publiek as wreed en onnodig. In lande waar wilde diere nog natuurlik voorkom word die landbou produksie proses baie maal deur die diere belemmer. Om produksie lewensvatbaar te handhaaf is dit noodsaaklik om dié belemmering aan te spreek. 

Die toepassing van skadebeheer moet egter deur etiese en ekologiese oorwegings getemper word. Wanpraktyke vind plaas as gevolg van misbruik van apparaat, onkunde oor die aanwending van apparaat, onkunde oor die biologie van die diere en oor die gevolge van beheer. Sommige van die persepsies van wanpraktyke is ook gegrond op onkunde, veralgemening en wanbegrippe by die publiek. Hierdie verskille veroorsaak wrywing en wantroue. Openlikheid en opvoeding in die proses van skadebeheer sal langsamerhand die probleme en beheer in perspektief plaas en die wrywing verminder. 

Die bestuur van skade beteken per definisie inmenging met natuurlike gedrag van diere en n minder natuurlike gebiede die doodmaak van skadedoende diere. Daar bestaan 'n wye reeks skade beheer opsies wat nie-dodelike bestuur ook insluit (meer as dodelike opsies) en die beste opsie vir die betrokke situasie moet gekies word. Skae beheer is onberekenbaar meer kompleks as wat die persepsie by die algemene publiek is en is dus hoogs gepesialiseerde werksveld. Dit lei daartoe dat diere skade beheer die wetenskap, maar ook kuns is om die opsie tekies wat die mees omgewingsvriendelik is.

Dit belangrik dat die skadebeheer opsie wat gekies word, die mees menslik, en ekologies aanvaarbare metode vir die spefieke situasie is. Gehoorsaamheid aan die landswette wat die proses reguleer is noodsaaklik. 

STRATEGIEË

Doelwit: Kry 'n nasionale skadebeheer beleid in plek.

Strategie: Stel 'n konsep nasionale beleid saam en sirkuleer dit aan alle belanhebbendes vir goedkeuring en implimentering. 

Doelwit: Die Beleid moet gereeld opdateer word.

Strategie: Bly op hoogte van veranderings en onwikkelings binne die industrie en pas beleid aan om optimale effektiwiteit te behou in 'n veranderende politiese en sosio-ekonomiese omgewing. 

Doelwit: Skep 'n kommunikasie struktuur.

Strategie: Hoofsaaklik deur 'n webblad en adreslys wat onderhou moet word.

Doelwit: Verbeter samewerking tussen al die partye  wat by skadebeheer betrokke is.

Strategie: Wanneer daar 'n helder visie is en leierskap wat resultate lewer, sal die samewerking outomaties verbeter.

Doelwit: Verbeter die houding van die publiek.

Strategie: Dit is hoofsaklik 'n opvoedingstaak. Media dekking om gebalanseerde standpunt te stel en noodsaaklikheid van beheer te demonstreer.  

Doelwit: Verbeter die houding van boere en beheer organisasies.

Strategie: Hoewel die meeste boere hulle goed van hulle taak kwyt is daar altyd nuwe ontwikkelings wat deur opleiding oorgedra moet word om die bestuur te verbeter. Soos wat resultate van self spreek sal houdings verander. 

Doelwit: Bemagtig grondeienaars om beheer optimaal aan te wend.

Strategie: Opleiding en voorligting. Skep 'n eenheid wat opleiding verskaf en met uitsonderlike probleme fisies kan help.

Doelwit: Opleiding

Strategie: 'n Kursus wat al die belangrike aspekte van skadebeheer insluit is reeds by die Opvoedkunde Gesag geregistreer. Dit bestaan uit 50% tearetiese agtergrond kennis en 50% praktiese demonstrasies en geleentheid vir deelnemers om self te oefen.

Doelwit: Verskaf 'n ekspert diens vir buitengewone gevalle.

Strategie: Hierdie was my werk vir 15jaar. Logistiek dikteer dat net 'n beperkte aantal klagtes hanteer kan word. Die diens sal egter met tyd uitgebrei kan word.

Doelwit: Doen navorsing oor Diere Skadebeheer.

Strategie: Bekom fondse en doen navorsing op Beste Praktyk oplossings vir skade wat deur diere veroorsaak word.

The overall aims of damage control is well presented by this quote from Prof. Wather Howard:

"…those of you who are experienced in wildlife damage control can take great pride and honestly claim that you have preserved more nontarget species, done more towards restoring a healthier ecosystem, and practiced better wildlife husbandry in disturbed environments than has been accomplished by many conservation-environmental organizations with millions of dollars. They waste their energy and money by playing an advocacy role and promoting anti-control propaganda to raise more money for advocacy, instead of working toward alternative solutions to wildlife damage problems, whereas you demonstrate genuine compassion for all living organisms by your research for better solutions. Wildlife damage control is an integral part of life, and it helps establish true harmony between man and nature. The role of a predator, including man, is vital in the harmonious functioning of animal communities. Actually, those of you in wildlife damage control probably understand the ecology of vertebrate control, the brutality and cruelty of nature, better than most ecologists, wildlifers and zoologists; thus you are more of a patron saint of wildlife conservation than the idealistic environmentalists. Since nature’s way in environments modified by man is neither rational nor ethical, I find that it is actually those involved in animal damage control who are working the hardest to establish morality in the role of man in nature."

 W.E. Howard.