Die ADCI is toegespits om aan oplossings vir mens dier konflikte te werk deur moraliteit terug te bring in skade beheerwerk. Dit word gedoen deur navorsing op, en die ontwikkeling van effektiewe en selektiewe beheer metodes om die konflik op te los. Die landbou industrie word dan deur opleiding bemagtig om hulle probleme so 'n omgewingsvriendelike manier as moontlik op te los.
Landbou het 'n groot impak op die natuur-omgewing. Wanneer daar nie van Beste Bestuurs Praktyke (BBP) gebruik gemaak word nie, verteenwoordig Skadebeheer nog 'n impak. Die keuse van beheermetode kan 'n groot verskil maak aan die impak op die omgewing. Die beheer van skade deur diere is die wetenskap, maar ook kuns om die "lesser evil" te verkry om die saak opgelos te kan kry.
Daar sal kontak behou word met organisasies wat dieselfde oogmerke het op internasionale vlak. Hier word ook adresse voorsien van ander ernstige organisasies aangesien daar baie organisasies bestaan wat daarop uit is om geld te maak sonder om hulle omgewings verantwoordelikhede na te kom.
| Huidige Kwessies : |
| Kommentaar op die Nuwe Deat Wetgewing |
| My kommentaar is gemik op die Skadebeheer situasie (vroeër
Probleemdierbeheer). Die wêreldwye neiging om dié probleem van
'n holistiese bestuurs perspektief aan te spreek word gevolg...
Die kommentaar is in Engels, soos dit ingestuur is, want dan sal die amptenare dit hopelik darem verstaan. |